Mindfull

The Heart has a Voice


7de Hemel - Sterredank

hemel200.jpg

2. Sterredank

as dit lyk soos dit vandag hier lyk
en my duister uitkyk nie wil wyk nie
is al wat ek sien swart of is dit dalk net
dat ek die swart in alles sien

is dit nie dan, juis dan dat
ek my sterre dank dat
ek jou het nie?

om n juk te wees, aanstotend steen
is regtig nie iets wat ek graag wil wees nie
maar jy hou vol dat ek welkom is
in jou smaak val en boonop aardig is

ja die donker is n duister ding
waarin n mens nog hond nog haar af maak
maar dis die geringe flikkeringk
wat wanneer kriekies sing
weer sigbaar raak

en as ek opkyk en my sterre tel
dan sien ek daarin hoe hul my toekoms voorspel
en wat ek in hul vorm en ligging lees
is dat die pad vorentoe voorspoedig gaan wees!

Fantastiese liedjie met amazing beat en woorde, Ek was mal oor die liedjie toe ek dit op 7de Laan gehoor het.

7de Hemel is verseker n CD wat ek will add by my excuse vir n CD collection.

Popularity: 20% [?]

(Sponsor Link: OfferForge | kalahari.net | bidorbuy )

As Jij Slaap - Chris Chameleon

herhaal2001.jpgHerhaal 2000

12. As Jij Slaap

as jy slaap en die verdriete
en selfs ons bitter liefde agterlaat,
is jy maar weer ‘n argelose kind
met drome wind‘rig oor jou mooi gelaat
ag, as die teer nag is jou arms lê,
en sterlig oor jou bors en hare skyn
is jy maar weer ‘n seuntjie weggedwaal
van huis en ouers en hul soete samesyn
ag, in jou slaap wil ik jou eem
en aan my bors hou tot die môre myd
oor al die heuwels breek - wil ek jou neem
en terugbring van jou eensaamheid.

moenie slaap nie
moenie slaap nie, kyk!
agter die gordyne begin die dag dans
met ‘n pouveer in sy hoed.

Popularity: 19% [?]

(Sponsor Link: OfferForge | kalahari.net | bidorbuy )

Op die voetpad - Chris Chameleon

herhaal200.jpg Herhaal 2000

10. Op Die Voetpad

op die voetpad o bokkie.

jou hand die myne.

en ons huisie staan klaar.

in my hart se lyne.

deur die dag van die bij.

tot dit rooikrans o bokkie.

vannag sluit hom toe.

in ons pondokkie.

klimaat van jou lyf.

o meidjie dousag.

maar jou oë vlieg wys.

oor die nimmermeerdag.

en die aand skilfer reeds.

sy bont kleure af.

waar die voetpad alleen.

oor die blou bulte draf.

Popularity: 18% [?]

(Sponsor Link: OfferForge | kalahari.net | bidorbuy )


Close
Powered by ShareThis